Ousteniet

Ousteniet
 
Formule FeCx  
Kleur grys metaal 
Glans metalliek 
Hardheid 201 (HB) 
Digtheid 7,85 g/cm3[1] 
Kristallografie 
Ruimtegroep Fm3
Strukturbericht-kode A1 
Eenheidsel ao=0.35519+8.1593×10-6T+1.7341×10-3[C] nm; (T in Kelvin; [C] in mass% tot 3,35%)[2]
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Ousteniet word hier op aarde net in meteoriete aangetref, soos dié wat in Bohumilice in Tsjeggië gevind is[3] en nie as aardse mineraal nie. Maar hierdie naam word in die metallurgie algemeen gebruik vir die hoëtemperatuur γ-fase van yster wat deur oplossing van koolstof gestabiliseer kan word. Die rede hiervoor is dat in die oustenietfase daar meer plek is vir interstisiële koolstofatome as in die laetemperatuur α-Fe-fase wat ferriet genoem word. Wanneer ousteniet vinnig afgekoel word verhinder die koolstofatome soms die terugtransformasie na ferriet en word 'n metastabiele tetragonale struktuur gevorm wat martensiet genoem word. Hierdie eienskappe is baie belangrik vir die metallurgie omdat dit die basis is van die vervaardiging van staal. Die gevormde martensiet is baie sterk en hard, maar ook bros. Dit kan verander word deur die staal te temper teen hoër temperature.[4]

Die Fe-C-fasediagram met die bestaansgebied van ousteniet in geel; smelt in groen

Ousteniet is 'n metaalagtige nie-magnetiese vastestofoplossing van yster en 'n legeringselement. In gewone koolstaal bestaan ousteniet bo die kritiese eutektiese temperatuur van 1000 K (ongeveer 727  °C); ander legerings van staal het verskillende eutektiese temperature. Dié fase van yster is vernoem na Sir William Chandler Roberts-Austen (1843–1902).

  1. "Austenitic Stainless Steel – Density – Strength – Hardness – Melting Point". nuclear power.net.
  2. Ichiro SEKI, Kazuhiro NAGATA (2005). "Lattice Constant of Iron and Austenite Including Its Supersaturation Phase of Carbon". ISIJ International. 45 (12): 1789–1794. doi:10.2355/isijinternational.45.1789.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  3. "Austenite". mindat.
  4. "Ferrite, Austenite, Martensite and Solid Solutions". Hobart.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search